So op die voor aand van terugkeer werk toe môre.. wil ek 'n recap gee van Desember tot nou. Ek was in die bevoorregte posisie om bosveld en see te kon geniet - alle eer aan God. Maar nie net daaroor nie, God het ons gesin en familie gespaar vir nog 'n jaar. Deur moeilike en goeie tye het Hy ons deurgetrek - ons het net bly volg en aangehou glo en Hy het voorsien. Tans tik ek die post op my bed in my huis en weereens tref dit my hard, hoe dankbaar ek is om 'n bed en huis te hê, 'n motor om mee werk toe te ry en selfs 'n werk te kan hê. Dat ek dankbaar is vir my gesondheid om 2025 aan te pak, dankbaar vir my gesonde kind.. ek is net plain DANKBAAR! Dankbaar vir elke blessing uit God se hand. Vir jou wat dalk hele vakansie gewerk het en nogsteeds doen - hoop ek regtig jy kry daardie breek waarna jy hunker. Vir jou wat op vakansie was maar jan-tuis-bly se karretjie gery het, wil ek sê hou moed, dit was ek jaar in en uit en God het kom voorsien na hoeveel gebede. En wat Hy vir my gedoen het kan Hy vir jou ook doen - bly GLO! Vir jou wat self môre moet begin werk, wil ek sê wees opgewonde vir dit wat wag. God het reeds 2025 beplan, en die paaie gelyk gemaak. Mag jy in Sy spore volg en nooit wegdwaal nie. Vir jou wat nog self met vakansie is.. geniet die laaste rus - want jys bevoorreg. Vir nou wens ek vir elkeen 'n geseënde 2025 toe, hetsy waarookal jy jouself bevind. As jy nuwe geleenthede wil aanpak - doen dit! God het jou 'n gesonde verstand gegee en jou besluit kan dalk net hoop vorentoe vir iemand gee. Vir jou wat in 'n posisie sit waar jy nie wil wees nie - skuif! Jy is nie 'n boom nie! Stuur daai CV, bid daaroor en gee God die eer asof jy dit reeds ontvang het. Die nuwe jaar hou reeds soveel uitdagings in maar moenie struikel en val en lê nie. Vat daai uitdaging, pak hom aan en maak die beste van hom. God is getrou! Die jaar gaan ek net nóg meer vir God werk - so buckle up!! Onthou Hy het jou op jou naam geroep en jy is Syne - Hy het jou onvoorwaardelik met soveel kompassie lief. Mag goedheid en guns julle lewens verryk maar mag jy onthou van waar dit kom! En onthou... wees DANKBAAR en NEDERIG 🙏🏻
#GraceStrengthCourageous #Liefde_Altyd❤️
#BeConsistent #BeAuthentic #BeYou